Planning your next event? Click here to list your event now!
Kabaret
MET Karli Heine en Grethe van der Merwe REGIE Dean Balie DEUR Karli Heine
’n “Sad”, stowwerige potplant staan alleen in die voorportaal van ’n kantoor. ’n Potplant is veronderstel om lewendig en mooi te wees en almal wat daarna kyk te laat goed voel. Maar wat as sý juis die een is wat ontvlugting nodig het? Die plant vind maniere om aan die verveling te ontvlug met haar verstrengelde humorsin en haar sang. Wie sê ’n potplant het nie ook groot drome nie? Hierdie kabaret belig die lewe van ’n plant wat ongelukkig is in haar omgewing. Ander karakters betree ook die landskap om komiese kommentaar te lewer en nog saadjies te plant.
Afrikaans • Geen o.10 OB • 50