Planning your next event? Click here to list your event now!
Kuns en kunsterapie
MET Hannelie Swart en Ana van Achterbergh
Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees vier by die KKNK. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste. Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ’n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou eie unieke skildery in ’n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of kunsopleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses neem.
Afrikaans • Gesin • 180 min.
Choose your preferred date.