Planning your next event? Click here to list your event now!
21 Jaar na die bekendstelling van haar eerste album ‘Perd oor die maan’ kyk Laurinda terug na die verse wat sy oor die jare getoonset het. Die resultaat is ‘n nostalgiese reis vol hoogtepunte met gesoute musiekvennote Schalk Joubert(baskitaar) en Kevin Gibson(tromme) aan haar sy. Sy volg die gedigte se spore tot by hul oorsprong (‘Ek het ‘n huisie by die see’ is byvoorbeeld reeds in 1949 gepubliseer) en gee net genoeg agtergrond sodat die relevansie van ‘n gedig vir hierdie vreemde tye weer opnuut registreer.