'Katrien, die King en die Kween' is ‘n nuwe kabaret uit die pen van Johann Slabbert, saamgestel uit die musiek van David Kramer, met sy skerpsinnige en insigryke lirieke as motief om sosiale kwessies uit te lig. Elzabé Zietsman vertolk die rol van Katrien, en haar pianis en musiekregisseur, Tony Bentel, die rol van Merve. In “Frikkie” maak ons kennis met Katrien, wat vertel van haar droom om ‘n ruk-en-rol ster te word, maar hoe haar huwelik en moeilike lewe haar gedwing het om haar musiekloopbaan prys te gee.