MET Wessel Pretorius, Ludwig Binge en Wilhelm van der Walt TEKS Yasmina Reza VERTALING Naómi Morgan
Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is. Die vriendskap van drie jare lange vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns. Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se vlymskerp Art is een van die suksesvolste komedies in eietydse teater.