MET Cara Roberts TEKS EN REGIE Michael Taylor-Broderick VERTALING Barry Strydom
Die koning van weggooigoed is ’n magiese verkenning van hoe gebreekte en weggooi-items, wat harte insluit, herstel kan word. Met verwysing na antieke Japanse tradisies, mitologie en drome, word ons daaraan herinner dat towerkuns oral om ons is, ons vergeet net so maklik daarvan. Dit is ook ’n wekroep vir almal om aan die wêreld én die gevolge van ons aksies te dink. En hoe ons in ons sterflikheid meer by die towerwoorde – verbeel, droom en glo – moet stilstaan.