MET Mareli Stolp (klavier) en Diek Grobler (animasie)
Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n musiekuitvoering en animasierolprentkuns kombineer. Diek Grobler staan bekend as een van Suid-Afrika se voorste animasiekunstenaars. Mareli Stolp het bekendheid verwerf as ’n pianis wat haarself toespits op kontemporêre en avant-garde-klavieruitvoering. Vir Die gevlerktes skep Diek drie nuwe kortflieks, in reaksie op werke vir solo-klavier, geïnspireer deur voëls – die “gevlerktes” van die titel. Die titel word ontleen aan die gelyknamige gedig deur Susan Smith.