Planning your next event? Click here to list your event now!
In Kameras, konserte en kleedkamers, ’n klets-en-sketskonsert, vertel Lizz van die woelinge en waansin,
die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes en die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise. Sy onthul die ver paaie se reis, plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, rolprent- en TV-stelle en die soms vreemde gedrag van gehore, luisteraars, kykers en bewonderaars. In dié uiters vermaaklike stuk, vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf, kry die gehoor ’n agter-die-skerms-ervaring soos nog nooit vantevore nie. Daar is ook fiktiewe karakters en sketse.
Afrikaans • T • 60 min. Vir navrae skakel Okkie 071 209 1977