Click here to get your tickets for James Bay – Live in Cape Town on 27 Mar 2025.
Ilne Fourie is terug en hierdie keer met 'n splinternuwe eenvrouvertoning-Verkleurvroutjie!
In hierdie prettige toneelstuk laat Fourie die gehoor kies wat hulle volgende wil sien of hoor.
So of jy nou meer hou van klassieke musiek of liewer gaan uitspan by Afrikaans is Groot – hier kan jy albei kry deur net een kaartjie te koop.
Fourie (bekend vir haar suksesvolle komedie Laerskool Noord, Sjarrap en eet jou kos! En die rol van Tannie Adrie in die Showmax reeks Wyfie) spring moeiteloos tussen verskillende genres en laat die gehoor kies uit die sewe kleure van die reënboog – komedie, drama, uit die oudedoos, opera, skouspel, radiodrama, poësie.
Dit is dan wanneer die poppe begin dans, want Fourie verander dadelik van karakter na aanleiding van die gehoor se keuse van genre wat hul wil sien of hoor.
Verkleurmannetjies verander van kleur om hulself te kamoefleer of hul gemoedstoestand aan te dui – maar ‘n verkleurvroutjie bring vir jou lag, trane, opera of selfs ‘n paar kunstenaars op skouspel.
Fourie, wat haarself as aktrise en skrywer op Vrystaatse bodem gevestig het is terug en kom kuier met ‘n reënboog van stories!
Met: Ilne Fourie Teks & regie: Ilne Fourie
Afrikaans Geen 0/13 (Taal)
Tyd: 70 minute