Planning your next event? Click here to list your event now!

Pinocchio, ‘n musikale komedie

Pinocchio, ‘n musikale komedie

Pinocchio, ‘n musikale komedie

from 14 Nov 2024 18:30

About

Gesin vermaak uit die boonste rakke - Volwassenes gaan lekker uit die maag lag, en kinders gaan die toneelspel só geniet! Sluit by ons aan vir Pinocchio, 'n musikale komedie, by Drostdy Teater in Stellenbosch. Verwag oorspronklike musiek, humor, nostalgie, en ’n fantastiese rolverdeling: Machiel Roets, Soli Philander, Henrico Grobler, Ané Fourie en iHope! Kleuters is welkom om in feetjie kostuums te kom vir ekstra pret. Moet dit nie misloop nie!
Machiel Roets, die bekende komponis, liriekskrywer, en musiekregisseur van "Liefling die blyspel," "Aspoestertjie," en "Pretville," is bring binnekort die onweerstaanbare "Pinocchio, 'n musikale komedie" na die verhoog. Hierdie produksie belowe 'n meesleurende ervaring vir die hele gesin – 'n betowerende samevoeging van oorspronklike musiek, humor, nostalgie, en uitmuntende karakter vertolkings deur 'n uitsonderlike toneelgeselskap. Die geliefde marionet, Pinocchio, behou sy oorspronklike sjarme terwyl hy weer lewe ingeblaas word.

Pinocchio (‘n musikale komedie) het homself bewys om geskiedenis te maak as die langste aaneenlopende vertoning sedert die Pierneef Teater se bestaan, waar dit gelopen het. Soos met ‘n Pantomime word die gehoor deurgaans betrek en kleuters tot grootmense is betower. Die geselskap vier ook saam die 100 jaar bestaan van Afrikaans.

Soli Philander triomfeer met sy ongelooflike spel en ook as regisseur. Pinocchio word vertolk deur die jong Henrico Grobler van die Moot en sy neus gaan regtig voor die gehoor groei. Saam met Soli verskyn iHOPE as Gatto. Dié twee se komiese spel het gehore tot in Polokwane se tone laat krul van lag en plesier.

Sinopsis:

Sonder kind of kraai besluit die bejaarde Gepetto eendag om 'n marionet uit hout te skep, Pinocchio gebore! Die skelms, Mario en Gatto, ontdek die naïewe Pinocchio en sien dadelik die potensiaal om uit dié lewendige pop voordeel te trek. Pinocchio vergeet egter die waarskuwing van die Goeie Fee: "As jy jok of die waarheid knoei, sal jou neus groei. Almal sal weet, ’n haan sal kraai. Pinocchio! Jou neus het jou verraai!"

More Info

Venue

Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch   Location on Google Maps

Social


Choose your preferred date.

January 2025

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 30
 31
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
1
2

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…