Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Die reënboogmaker

About

Met Die Reënboogmaker keer Nico Luwes terug na die era van die plaasroman, maar nou is dit verrassend vars en in ’n splinternuwe baadjie geklee: oop, eerlik, toeganklik, verkennend en sonder enige pretensie. Hy span sy doek wyd op die terreine van die kampuswêreld waar die professor en student bevrydend en verrykend kommunikeer; die misterie van die Oewerkonyn of Doekvoetjie en die ongemaklike ontwaking van ’n eerste liefde wat nie sy woorde kan vind nie. Luwes en Hennie van Coller gesels oor Die Reënboogmaker, asook oor Luwes se ander roman, Destiny.

Nico Luwes returns to the era of the farm novel with Die Reënboogmaker – now wearing a surprisingly fresh and brand-new jacket: open, honest, approachable, explorative, and without pretense. He unfurls his sails wide across the campus world where the professor and student communicate in a liberating and enriching way; explore the mystery of the riverine rabbit Doekvoetjie and the uneasy awakenings of first love. Luwes and Hennie van Coller talks about Die Reënboogmaker, and Luwes’s other novel, Destiny.

Met Nico Luwes, Hennie van Coller (gespreksvoerder)
Taal Afrikaans
Tydsduur 60 min
Prys R30 | R35 by die deur

Venue


Die reënboogmaker