Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.
Kom vier die kunste en luister na die mooiste musiek in Heidelberg, die hart van die Hessequastreek.
Welkom by die klein fees met die groot hart.
Aangebied deur Die Burger: Landbou se redakteur Samantha van den Berg. Sy gesels met Chris Burgess, die redakteur van Landbouweekblad oor die belang van die moderne landbouer in die hedendaagse samelewing.
’n Plaasontbyt en koppie boeretroos is ingesluit.
Met Charl du Plessis
Slegs een vertoning!
Hierdie heerlike konsert bestaan uit splinternuwe stories in Nataniël se unieke styl, asook musiek, oud en nuut, immergroen en oorspronklik en ‘n versameling kostuums deur Floris Louw.
Al die elemente van die Nataniël-skatkis: fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge word meesterlik aangebied met Steinway-pianis, Charl du Plessis, saam op die verhoog.
Sandra Prinsloo en ONS AFRIKAANS | Aanbieder: Haidee Muller-Isaacs
Sandra het vir die SBA (Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans) ’n reeks video-opnames gemaak wat die unieke aard, karakter en oorsprong van Afrikaans se diverse variëteite en dialekte verken. Van Gayle (gay kodetaal) tot Sabela wat in tronke gepraat word, Graaffrikaans, Tsotsitaal/Flaaitaal, Gariep- /Oranjerivier Afrikaans, Rasta-Afrikaans, Karoo-Afrikaans, Rehoboth-Afrikaans, Bo-Kaap-Afrikaans, Namakwaland-Afrikaans en Kaaps. Sandra sal haar unieke ervarings van hierdie opnames met die gehoor deel.
`n ligte ontbyt word ingesluit.
Moontlik gemaak deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.
Met Zanne Stapelberg (stem & saksofoon) en Elna van der Merwe (klavier)
Hierdie besonderse produksie bestaan uit Spaanse klassieke en tangomusiek. Vokale werke van Astor Piazzolla, Enrique Granados, Manuel de Falla, Gerónimó Giménez en Ruperto Chapí word vermeng met gedigte van Pablo Neruda en die Nami¬biese digter Christine Hugo. Die program handel oor die suide van Spanje, skaamtelose passie, begeerte, ekstase, liefde, verlies en plesier.
Geen middagete ingesluit. Bestel gerus van die heerlike spyskaart af.
Met die Ramon Alexander-kwartet: Ramon Alexander (klavier), Danél Murcott (fluit/ saksofoon), Chadleigh Gowar (baskitaar) en Annemie Nel (tromme)
’n Swierige partytjie met strelende jazz-klanke, asook heerlike kos word hierdie jaar vir die tweede maal by die fees aangebied. Van Loveren-wyne word saam met die ete bedien.
Gaspersone: Niël Rademan en Haidee Muller-Isaacs.
Met prof Michael le Cordeur Aanbieder: Haidee Muller-Isaacs
Tema: Moedertaalonderrig en die uitdagings daar rondom
Met die Afrikaanse taal wat 100 jaar as amptelike landstaal vier in 2025, tree Haidee Mulle-Isaacs in gesprek met die formidabele prof Michael Le Cordeur. Hy is ? stigterslid van die Taalraad, ? trustee van die Het Jan Marais nationale Fonds en die voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Op internasionale vlak is hy lid van die Internationale Centrum voor het Afrikaans by die Gent-universiteit en die Internasionale Vereniging vir Navorsing in Taalonderwys (ARLE). Prof le Cordeur is passievol oor onderwys en natuurlik Afrikaans.
’n Ligte ontbyt is inges
Met Clara Montochio (sang), Greg Aufmesser (kontrabas) en Gertjie Besselsen (kitaar)
Clara Montocchio is ‘n Weense sangeres met Suid-Afrikaanse wortels en bied saam met Greg Aufmesser volksmusiek en verhale in Duits, Frans, Engels en Afrikaans aan in hierdie spesiale produksie wat vir Hessequa Harmonie saamgestel is.
Met Zanne Stapelberg (sopraan), Jo-Nette le Kay (sopraan), William Berger (bariton), Lynelle Kenned (sopraan), Petrus de Beer (viool) en Elna van der Merwe (klavier)
Afrikaans as amptelike landstaal word vanjaar 100 jaar oud. Hessequa Harmonie vier hierdie jaar die taal as deel van ons erfenis met ‘n konsert gevul met klassieke sowel as populêre liedere uit ons pragtige musiekskat.
Met Tiaan Slabbert
Boek: Rudi van Rensburg
Teksverwerking: Wim Vorster
Regie: Emil Haarhoff en Barend Mynhardt
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions
Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie. Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon.
Met Lynelle Kenned (sopraan), Elna van der Merwe (klavier) en Petrus de Beer (viool)
Die gevierde sopraan Lynelle Kenned sing van haar gunsteling Barokmusiek en word begelei deur Petrus de Beer (viool) en Elna van der Merwe (klavier). Kenned is welbekend vir haar besonderse vertolking van Barokmusiek.
`n ligte ontbyt is ingesluit.
In samewerking met die Pinotage-vereniging
Die restaurant Proeviand is bekend vir hul keurige kos en mooi atmosfeer. Saam met die Pinotage-vereniging vier ons erfenisweek met tradisionele Suid-Afrikaanse kos en eg Suid-Afrkiaanse pinotagewyne. Kom geniet heerlike bobotie en slaai uit Proeviand se tuin. (‘n Vegetariese opsie is ook beskikbaar).
Met die WindWorx Symphonic Wind Ensemble olv. Riaan van Wyk en Pamela Kierman (dirigente), Petrus de Beer (viool), Jo-Nette le Kay (sopraan), Zanne Stapelberg (sopraan), Lynelle Kenned (sopraan), William Berger (bariton) en asook ’n reuse gemeenskapskoor onder leiding van Betsie Ryke.
Met Diederik Geldenhuys aidee Muller-Isaacs
‘n Eiesoortige blompraatjie en demonstrasie deur die plaaslike blommemeester, Diederik Geldenhuys. Ons gesels fynbos, natuurlike rangskikkuns en sy liefde vir die natuur.
’n Ligte ontbyt is ingesluit.
Met José Dias (klavier) en Mario Nell (klavier)
Teks, vertelling en sang: Niël Rademan
Die Franse komponis Camille Saint-Saëns se musikaal komiese werk Karnaval van die diere is ‘n uitbeelding van die diereryk en word met twee klaviere en ‘n verteller uitgevoer. In hierdie bekende suite gebruik die komponis briljante instrumentale effekte om musikale prentjies te skets. Hierdie halfuurlange werk word voorafgegaan deur ‘n program van ligter klassieke werke en sang.
Met Jak de Priester
Jak is `n gesogde Afrikaanse sanger en skrywer. Hy is in 2002 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van sy treffers is Sally Williams Nougat en Groen Mamba en hy het ook die temalied van KykNET se sepie, Binnelanders, geskryf. Jak is volksbesit en hy maak vir die tweede keer sy Suid-Kaapse draai by die fees. Moet dit nie misloop nie.
Verversings te koop. Geen eie wyn.