Webtickets - Magda Louw: 'n Les in kletterkunde

Planning your next event? Click here to list your event now!

Magda Louw: 'n Les in kletterkunde

   Please choose a section by clicking on the seating plan graphic or the section blocks below
03-APR-2025 18:30

Magda Louw: 'n Les in kletterkunde

Gimsaal (Scheepersstraat)

Gimsaal (Scheepersstraat)
Admission R180.00
Vriende of KKNK R170.00
Add to Calendar
Komedie

MET Desiré Gardner TEKS EN REGIE Desiré Gardner

Magda Louw, die kletskous sonder ’n wag voor haar mond, gesels oor die waarde en waansin van woorde. Van lag en treur in jou hartstaal, en die dinge wat ons soms sê wat eerder net ’n gedagte moes bly. Sy’t iets te sê oor die daaglikse uitdrukkings, gesegdes en idiome waarmee ons soms situasies ontlont, rusies probeer wen en gedrag regverdig. Van haar kop in ’n byenes steek tot op die hond se stert staan, speel sy oop kaarte sonder om enigiemand heuning om die mond te smeer. Magda kan nie ’n les in letterkunde gee nie, maar wat sy wel aanbied, is ’n les in kletterkunde.

Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.